Betty-Jean is ‘n Country & Afrikaanse sangeres en het verseker Suid-Afrika storm geloop met haar unieke stem & styl en sy het reeds die harte van vele musiek liefhebbers gesteel. Hierdie Goue status Country- Diva het in ‘n kort tydjie beslis haar merk in die vermaaklikheidsbedryf gelos.

Hierdie Sensassionele Country –Diva Betty-Jean sing nie net country nie, maar ‘n wye verskeidenheid engels & afrikaanse van haar eie oorspronklike snitte tot reeds bestaande snitte.

Betty-Jean het 4 albums beskikbaar op die rakke, (1) Sentimental Country, (2) Eendag (3) More Sentimental Country (‘n dubbel album met ‘n huldeblyk aan Abba), en haar heel nuutste album WAT verskyning gemaak het in September 2010 - ” Met al my liefde” met ‘n nuwe intrepretasie van 9 spinternuwe oorspronklike Afrikaanse , Country & Geestelike snitte wat jou hart beslis sal roer. Betty-Jean is ook tans besig met die opnames van haar 5de album ‘n geestelike album wat sy verskyning maak vroeg in Desember 2011.

BIOGRAFIE:
Betty-Jean het groot geword in die Oos-Rand. Haar ouers is Pieter & Rita Jacobs & Mariaan opperman, sy kom uit ‘n baie geseënde familie met vier broers en drie susters. Betty-Jean is ‘n maagd sterre teken en is altyd besig met een of ander ding, sy is ‘n moeder van drie en haar tyd en take word presies beplan & uitgewerk, sy sê altyd daar is net nooit genoeg ure in die dag om alles te doen nie, maar op een of ander manier kry sy dit altyd reg om vir alles en almal tyd te maak.

Betty-Jean het begin sing op die jong ouderdom van 6 en het haar eerste verhoog geleentheid gehad op die ouderdom van 9. Betty-Jean het saam met die orkes “Profile” gesing en dit was die begin van ‘n lang en moeitewerd loopbaan.
Betty-Jean het as kind die voorreg gehad om die verhoog te deel met kunstenaars soos Sally Voughn, Barbara Ray, Lance James. Bobby Angel, Jody Wayne, Billy Forest, Clive Bruce, Barbara Ray, net om ‘n paar te noem.

Sy verower ‘n hele paar sang toekenings soos die Zillertal/Sing country Awards/Night owl toekenings, Trio music toekening, om een of twee te noem.

Vir ‘ 8 jaar bêre Betty-Jean die mikrofoon in die kas en skep haar lewe as vrou en moeder van haar drie engeltjies Zwauné, Jordan & Chiquetta.

Sy maak haar verskyning in January 2007 by die Country toekenings aand in Vanderbijlpark en deur die geleentheid haar passie vir haar musiek te herskep.

Sy is deel van 2 fantastiese maatskappye naamlik Fantasia Musiek & Universal Rekords, die maatskappye verantwoordelik is vir die produksie van al 4 bestaande albums.

Dankbaarheid is een van die grootste gawes wanneer sy terug dink aan die pad wat sy stap. Sy maak haar verskyning op vele televisie stasies SABC 2 , DKNT .Haar musiek word gehoor op vele radio stasies: Musiek ster op RSG ,Radio Rosestad, Radio Middelburg, Radio Pretoria, Kragbron Radio stasie, Oos-Kaap radio stasie, Radio IFM 107.2 Henneman, Radio IFM102.2, Cape Coast Radio, Radio Oosrand waar sy No.1 was op die top 10 vir 6 weke was met die liedjie “Suikerriet” , en vele ander stasies. Betty-Jean het die voorreg gehad om op al die bogenoemde Radio stasie op elk TOP 10, TOP 20 en TOP 40 op te eindig asook die top 20 CNA, Musica & Game, Betty-Jean was op DKNT No. 7 en No.10 op die DKTN TOP 10. Betty-Jean was vir die Albums “Sentimenal Country” en “Eendag” benoem vir ‘n “SAMA” toekening aangebied deur MTN.

Betty-Jean maak haar verskyning op vele feeste & beeënkomste, sy is ook baie betrokke by vele liefdadigheids organisasies.
Betty-Jean se doel is om mense se harte te raak met haar musiek talent, selfvertroue, sprankel en ongelooflike persoonlikheid en passie vir haar geloof, en om te reik na die sterre maar om altyd platvoet om die aarde te bly.

Die albums raak beslis vele hartroerende snare en al die beskikbare albums is cd’s wat jy posit en deur luister tot die einde, want dit besit vloeiende harmonie, en sterk melodieë met instrumente wat gespeel word deur die beste kunstenaars in ons land.

Betty-Jean tree tans op as ‘n seremoniemeester, motiveeringsspreker en sangeres. Sy besit die vermoë om mense te raak met haar spontane geaardheid & sjarme en inspireer & motiveer graag haar gehoor.

 

© copyright 2011 BMP